Aalwyn kruisings of hibrides |
|||
|
Die kruising verbeter die plant wat dan makliker aanpas by die klimaat, |
|||
|
asook meer gehard is, die blom is mooier en/of blomtyd is langer. |
|||
| Die gene van 'n aalwyn dra die inligting hoe die plant moet groei, die vorm van die plant, wanneer dit moet blom - kortom, alle aspekte van die nuwe plant se bestaan. Daarom wanneer twee verskillende aalwyn spesies (Aloe species) kombineer om 'n kruising te vorm sal daar dan twee stelle inligting wees wat gemeng word om die nuwe plant te vorm. Dus 'n baie groot variasie van blomtyd tot blomvorm is moontlik. | |||
| Sommige aalwyne kruis maklik, maar dikwels vorm daar nie eens saad nie omdat die gene eenvoudig nie bymekaar aanpas nie. Die stuifmeel van 'n kort blom kan nie 'n langblom bestuif nie, omgekeerd is wel moontlik. | |||
| Kontak ons vir meer besonderhede. Ons het heelwat kruising saad waarvan ons nog nie fotos het nie. | |||
| saadlys vir bestelling kliek hier |
kliek op die fotos om te vergtroot |
||
|
|
|||
|
|
||||
|
|
|
|
|
Aalwyn kruisings, hibride en kultivars |
![]() |
![]() |
| Bo links: 'n Verskeidenheid kruisings; Die groot plant in blom links voor is 'n Aloe vanbalenni kruising. Die rooi blomme regs agter hierdie kruising is Aloe ferox(rooi) x Aloe arborescens. | |
| Regs: Aloe arborescens kruis maklik en die kruisings is gewoonlik mooi |
![]() |
![]() |
|
|
|
1. |
2. |
3. |
4. |
| Fotos van links na regs. |
| 1. Aloe mutabilis x Aloe arborescens - die stam is ongeveer 'n half meter hoog, en die blaar-roset is ongeveer een en 'n halwe meter hoog. |
| 3. Nuwerus aalwynkruising Hierdie aalwyn se afkoms is nie bekend nie. Ons gebruik dit as basis in kruisings en die resultaat was nog altyd die moeite werd. Die aalwyn is gehard. |
| 4. Aloe castanea x Aloe rupestris. Die blom is pragtig in die kleure van Aloe rupestris maar lank soos Aloe castanea. |
![]() |
|
|
| 1 |
2. |
| 1. Aloe marlothii x A. mutans Die donker groen roset vertoon besonder goed, en die blomme se kleur is iets besonder. |
| 2. Aloe castanea x A. marlothii Mooi blomme, soos die meeste Aloe marlothii kruisings. |
![]() |
|
|
| 1. |
2. |
3. |
| 1. Aloe marlothii x A. rupestris is 'n groot en swaar aalwyn kruising. Ideal vir 'n fokuspunt in 'n tuin, dit vang die oog al is dit nie blomtyd nie. |
| 2. Aloe marlothii x Aloe globuligemma Hierdie is 'n groot aalwyn maar met relatief dun small blare soos A. globuligemma. |
| Op die foto is twee plante langs mekaar maar die blomtros is van net een plant. Die agterste plant se blomtros is nog besig om te ontwikkel. |
| 3. Die glansende blomme is groter as die blomme van Aloe marlothii en volg die ronde (globular) patroon van Aloe globuligemma se blomme. |
![]() |
|
![]() |
| 1 |
2 |
3 |
| 1. Aloe marlothii x Aloe chabaudii Die blom is helder en interessant. |
| 2. Die blaar-roset van die A. marlothii x A. chabaudii kruising is baie groter as Aloe chabaudii maar dit het dieselfde vorm met dun breë blare wat skakeer van blou-groen na wynrooi afhangende van die klimaat. (warm en droog = rooier) |
| 3.Die kruising is links en Aloe chabaudii is regs met die pienk blomme. |
![]() |
|
|
| 1 |
2 |
3 |
| 1. Aloe aristata x A. variegata Hierdie aalwyntjie is gehard. Dit is 'n natuurlike kruising wat in die karoo voorkom |
| 2. Aloe.humilus kruising. Die afkoms van hierdie klein geharde aalwyntjie is nie bekend nie, gevolglik is dit nie maklik om saad te maak nie, maar die plantjie maak enkelle stiggies. Dit blom met relatief groot donker pienk blomme. |
|
|
|
|
|||
|
|||||
| 2.Aloe cryptopoda x Aloe lutescens(?) Een van die mooiste tuin aalwynplante. Die plant is onder 50 cm groot, netjies, gehard en maak vollop stiggies wat pragtig vertoon as almal saam blom. |
| 3. Die Aloe.dorothea.kruising blom deur die jaar. Die blomme is rooi en die roset se kleur is 'n glansende geelgroen wat skakeer na wynrooi in die son. |
| 4. Aloe.framesii.x.A.arenicola Die blom is oranje-rooi wat oopmaak na geel. Die plant self is dekoratief - in die koelte bly die groen en in son skakeer dit tot wynrooi, met fyn wit spikkels. |
![]() |
|
|
| 1. |
2 |
3 |
| 1. Hierdie gevlekte tuinaalwyn aalwynkruising of kultivar se saad kom uit Israel. Daar is drie verskillende blomkleure. |
|
2. Aloe striata x Aloe maculata Is ideaal vir 'n rand. Verwyder die uitlopers tussen die plante anders verander dit in 'n deurmekaar hoop. |
| 3. Aloe striata x Aloe maculata Wanneer alle uitlopers verwyder word groei die plant baie groter en vertoon dit besonder mooi. |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
| 1. |
2. |
3. |
4. |
| 1. & 2. A. globuligemma x A. petricola Daar is twee kleure blomme in hierdie kruising. Oranje skakeer na geel en rooi skakeer na roomwit. |
| 3. & 4. Aloe davyana x A. marlothii Die aalwyn is onder 40 cm. Vir 'n spikkelaalwyn is die blomme pragtig. |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
|
1. |
2. |
3. |
4. |
| 1. Aloe pictifolia kruising Interessante klein aalwyntjie. Ons het geen saad nie net stiggies af en toe. |
| 2. Aloe sinkatana kruising Twee kruising in geel blomme en ook met oranje blomme. af en toe stiggies. |
|
3. Aloe speciosa kruising Hierdie klein kruising se kleur lyk baie net soos die groot Aloe speciosa boom. Die meeste Aloe speciosa kruisings het mooi blomme. |
| 4. Aloe.vanbalenii.x.Aloe.nyerensis kruising. Aloe nyerensis is sigbaar agter op die foto. Dit is 'n boomaalwyn met lang blare. Die kruising groei soos Aloe vanbalenii met 'n swak stam wat op die grond lê. Pragtige blomme en nog steeds 'n mooi groot langblaaraalwyn. |
|