|
||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kweek aalwyne en gebruik die vars jel vir 'n pragtige vel en 'n gesonde immuunsisteem. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||
| Aalwynjel van die meeste aalwyne is veilig vir uitwendige gebruik. Aalwynjel gee vinnige verligting aan sonbrand, ligte brandwonde, ekseem en hitte uitslag. Smeer die fyngemaakte jel liggies op die vel. Dit vorm 'n lagie wat beskerm terwyl dit genees. moenie met verbande bedek nie - los oop. Indien die brand enigsins erg is, raadpleeg 'n geneesheer |
| Die buitenste groen deel van die blaar bevat die baie bitter sap en ook ander stowwe wat giftig is. Die bitter sap kan gebruik word o.a. as pergeermiddel, maar daar is veiliger middels op die mark. |
| Sny die blaar in skywe en skil die groen deel af. Die aalwynjel kan liggies afgespoel word voor gebruik om seker te maak die bitter sap bederf nie die smaak nie. Die jel moet in die yskas gehou word, of nog beter vries dit in blokkies. |
| Vars jel blokkies is uitstekend om die immuunsisteem op te bou. Sluk een 1cm blokkie 2 - 3 maal per dag of maak 'n vrugtedrankie vir die dag met die versapper en gooi 'n paar blokkies aalwynjel daarin. Die jel is smaakloos en dit gee 'n mooi tekstuur aan melkskommeldrankies. |
| Die jel is veilig - die hoeveelheid meer of minder sal nie saak maak nie. |
| 'n mooi vel |
| Gebruik die vars jel net soos dit is en smeer 'n dun lagie op die vel. Dit beskerm die vel teen uitdrooging en ook teen die son. |
| resep aalwynroom Meng aalwynjel met aqua-room vir 'n uitstekende lyfroom. 'n paar druppels roosolie of enige ander geur kan bygewoeg word. Plaas die room in 'n ondeursigtige lig-en lugdigte potjie. Hierdie room is sonder preserveermiddels, maak aan in klein hoeveelhede of hou dit in die yskas. |
| Hier is 'n skakel na die maak van seep. Miller's home made soap pages 'n webwerf met baie inligting. |
| Aalwyne is ook bekend as aloe en aloo. Die Genus is Aloe daar is ten minste 124 species in SA. |
|
| Lemon Law |