Gevlekte of gespikkeld aalwyne sonder 'n stam

Fotos van gevlekte of gespikkelde aalwyne.  Hierdie aalwyne gee 'n indrukwekkende vertoning in die tuin al is  hulle nie in blom nie.  Die kleiner soorte maak 'n doeltreffende rand om die beddings of paadjies.
Aalwyne benodig nie baie grond om die wortels nie en kan dus baie maklik groei in enige pot of houer, in die huis of in die tuin.
Spaar water deur 'n aalwyntuin aan te plant    vir saad  kliek hier

aalwyne :- 

boom en stam

sonder stam

gevlekte  

 hibride/kruisings

kliek op die fotos om te vergroot

5_.gif (881 bytes) menu

Aloe_affinis_raceme_flower.jpg (125390 bytes)

Aloe.aristata.succulent.plant.jpg (67680 bytes)

Aloe.buhrii.summer.color_small.jpg (16017 bytes)

Aloe affinis

Aloe aristata met uitlopers

Aloe buhrii

Aloe affinis Die spikkels op die blare varieer meer of minder. blomme is relatief groot en dig op die blaarsteel wat aanhou groei soos nuwe blomme oopmaak. Lang blomtyd. Hierdie aalwyn het water nodig in die somer in droë gebiede.
Aloe aristata Reeds baie dekades 'n bekende aalwyn as potplant binnelands en oorsee. Min moeite en gehard in die tuin. Koelte is 'n vereiste in 'n warm klimaat. In die natuur groei hierdie aalwyntjie onder bossies.
A.buhrii In 'n sonnige plek is die kleur van plant besonder mooi. A.buhri kom van droë habitat in die Noorkaap.  Min water en goeie dreinasie in nat gebiede is noodsaaklik.

 

 

Aloe.brandraaiensis.plant.flowers.jpg (40457 bytes) Aloe.camperii.succulent.aloe.flowers.plants_small.jpg (15326 bytes)

Aloe branddraaiensis

Aloe camperi

Aloe branddraaiensis geharde aalwyn wat ook ryp kan oorleef. Die blomblomtrosse is klein maar talryk en helder gekleur.
Aloe camperi Baie geharde tuin aalwynplant van Etiopia wat selfs in die dorre Namakaland sonder ekstra water groei.  Blomtyd is somer.

 

Aloe.dyeri.plant.in.bloom.garden.succulent.aloe.flowers.plants.jpg (57812 bytes)

aloe.esculenta.flowers.raceme.flecked.spotted.plant.jpg (326523 bytes)

Aloe.framesii.jpg (29349 bytes)
Aloe dyeri

Aloe esculenta

Aloe framesii

Aloe dyeri 'n Groot blaarroset tot 2 meter deursnee. Habitat is onder bome, dus 'n goeie keuse vir plekke waar min ander plante groei.  Die wydvertakte bloeiwyse is mooi in die tuin.
Aloe esculenta Die blougroen - heldergroen rosette is nie so groot soos A.dyerii nie maar nogtans groot vir 'n gevlekte aalwyn. Die rosette deel in twee en vorm 'n groep. Die vlekke is duidelk aan albei kante van die blare.  Hierdie aalwyn kom voor vanaf die Caprivi noordwaarts. Dit is dus nie sensitief teen water in die tuin nie, maar beskerm teen ryp.
Aloe framesii Die blare is 'n donker blou-grys-groen met spikkels in jong plante. A. framesii maak uitlopers en vorm klein groepe. Winter reënval aalwyn, maar pas goed aan as die somers nie te nat is nie. Plant op klippe waar die klimaat nat is.
Aloe greenii Mooi helder groen gevlekte aalwyn. Ongeveer 40 cm in deursnee. Blomme is ligpienk met 'n dowwe gepoeierde voorkoms.

 

aloe.greenii.plant.jpg (95742 bytes) aloe.maculata.raceme.flowers.jpg (126999 bytes) Aloe.microstigma.aloe.plant.raceme.flowers.garden.jpg (58052 bytes) Aloe.petrophila.raceme.garden.succulent.aloe.flowers.plants1_small.jpg (14581 bytes)

Aloe greenii

Aloe maculata

Aloe microstigma

Aloe petrophila

Aloe maculata 'n geharde aalwyn tot 50cm deursnit. Kom voor in skakerings van oranje en geel. A. maculate het 'n wye verspreiding.  Die blomme verskil heewat en is meestal kleiner as op die foto. Die jel van hierdie aalwyn is baie goed op die vel.
Aloe microstigma Aantreklike plant met fyn spikkels en 'n  groot digte blomtros. Blomme is oranje wat oorgaan na geel of geel. Ryp bestand. Habitat is die Karoo so hou by min water.
Aloe petricola Blou netjiese plant met lang blomtrosse. Die skakeer van lig na donker op die blomtros is treffend. Hierdie aalwyn maak besondere mooi kruisings.
Aloe petrophila Die roset is kleiner as 40 cm deursnit. Baie mooi blommetjies gestreep in pienk, ligpienk en groen. Groei maklik in die tuin maar sorg vir goeie dreinasie in hoë reënval gebiede.

 

Aloe.mudanensis.raceme.flowers_small.jpg (8631 bytes)   Aloe.variegata.raceme.flowers_small.jpg (12158 bytes)   Aloe.zebrina.best1_small.jpg (11155 bytes)
Aloe mudemensis

Aloe vaiegata

Aloe zebrina

Aloe mudenensis Hierdie is 'n gemiddelde grootte aalwyn wat mooi vertoon in die tuin.
Aloe variegata Die klein kanniedood aalwyntjie is 'n baie gewilde potplant oorsee.  Die plant groei beter in 'n pot omdat dit vinniger uitdroog as in die tuin.  Hierdie aalwyntjie het uiters min water nodig, of dan baie goei dreinering.
Aloe zebrina Dit is nog 'n aalwyn van droë reënval gebiede soos Namibia en Noordkaap.  Aloe zebrina is egter gehard en sal nie sommer vrot van 'n bietjie te veel water soos Aloe variegata nie.

 

menu

   5_.gif (881 bytes) aalwyne geen stam 5_.gif (881 bytes) - lang stam 5_.gif (881 bytes) - gevlek 5_.gif (881 bytes) - kruisings 5_.gif (881 bytes)  saadkatalogus

 5_.gif (881 bytes) kliptuin  5_.gif (881 bytes) potplant tuin 5_.gif (881 bytes) tuin voëls 5_.gif (881 bytes) toer 5_.gif (881 bytes) gesondheid   5_.gif (881 bytes) vrae

  5_.gif (881 bytes) wenke 5_.gif (881 bytes) skakels 5_.gif (881 bytes) skakels tuin 5_.gif (881 bytes) blogs Afr. 5_.gif (881 bytes) blogs Eng  5_.gif (881 bytes) sitemap

 

 

 

non-ice.com free counters

8.07