 |
| Die klippe waarop die drinkbak staan is nagemaak, so ook die drinkbak.
Die plante links agter is aalwyne, hoofsaaklik kruisings vir mooi blomme en maklike
plante. Met 'n groot bos Karoo vygies op die punt. Karoo vygies blom later as
die Namakwalandse vygies. Meng die verskillende vygies in die tuin vir 'n langer
blomtyd. Heel agter is versillende plakkies (Cotyledon, ook tuinkruisings)
hoofsaaklik die bloublaar soorte.
Die vygies van naby op ons
Engelse webwerf. Gebruik die "back" pyltjie om terug te kom. |
| Voor links is Aloe congolensis en 'n paar kleiner aalwyn kruisings.
Regs voor is vygies en Aloe davyana en heel voor in die middel
onder die klippe is Euphorbia obesa. Aloe davyana maak nie
stiggies nie. Dit is grieflik deurdat daar geen aandag nodig is nadat hierdie aalwyn op sy
plek geplant is nie. Jammer is wanneer daar so 'n mooi eksemplaar is en daar is geen
manier om nog een te kry nie. 'n Groot aantal saad mag dalk 'n paar plante met so 'n
perfekte patroon lewer. |
| Daar is verder heelwat klein sukkulente geplant, maar op hierdie skaal is
dit nie die moeite werd om hulle uit te wys nie. Die rooi plante in die middel is
opvallend. Dit is 'n
Kalanchoe sp. Dié plante moet in vol son staan anders word dit groen. |
| Hier volg 'n paar fotos van soorte wat baie goed sal aard versteek in die
rotse/klippe. |