Fotos van |
| Aalwynplante met 'n kort stam is ideaal vir rande om blombeddings of paadjies. Die aalwyn soorte wat uitlopers maak vorm 'n digte rand met min moeite. |
| Aalwyne is sukkulente wat water stoor en sodoende kan hierdie plante vir lang periodes sonder enige aandag klaarkom. Spaar water met 'n vetplant tuin. |
| Aalwyne is ook waardevol as 'n medisinale plant. Hier is 'n resep om jou eie aalwyn jel en velroom te maak. |
|
aalwyne :- |
boom en stam |
| wenk | |
| In gebiede met baie reën kan 'n paar plat klippe onder die rosette geplaas word sodat die plante nie op nat grond lê nie, . | |
| kliek op die fotos om te vergroot | |
| Die blare van Aloe aculeata is bo- en onderkant bedek met dorinkies wat met 'n ligte kol omring is. Blomritse is lank en skakeer van donker oranje bo tot geel onder. Die blomtros is gewoonlik enkel. |
| Aloe asperifolia is 'n woestynaalwyn. Die blare is skurf en na bo toegevou soos 'n los bol. Hou hierdie plant absoluut droog en sonnig, met 'n fyn mis sproei elke paar dae in die oggend of laataand deur die somer. Nooit op 'n warm plant nie. Hulle groei in die misgebied langs Namibia se weskus. |
| Aloe aristata is reeds vanaf die begin van die vorige eeu bekend in Europa as potplant. Dit groei net so maklik in die tuin, maar onder ander plante, klip of boomstomp, vir beskerming teen strawwe son. Maklik en pragtig in die tuin. |
Aloe ballii is vanaf Zimbabwe. Die fyn hangende aalwyntjie se perske-pienk blommetjies hang aan 'n dun draadjie en die fyn blare is ongeveer 20 - 30 cm lank. Baie mooi en maklik in 'n hangmandjie. |
![]() |
![]() |
![]() |
| Aloe brevifolia. 'n Baie ou bekende potplantjie. Die meeste mense besef nie dat dit 'n aalwyn is nie. Baie maklik in die tuin ook. Die blomsteel is groot in verhouding tot die klein rosette. Die aalwyntjie is verbasend gehard. |
| Aloe broomii is tuis in die Karoo se somer reënval gebied. Dit is, baie min reën. Die reënval sal in die meeste dele van Suid Afrika te veel wees, plant dus hierdie aalwyn op klippe om hulle droog te hou. Die blomtros wat een meter of meer lank kan wees, is styf gepak met talle klein blommetjies. |
| Aloe comptonii is sonder enige spesiale behoeftes. Nogtans is dit om die een of ander rede baie moeilik bekombaar vir die tuin. Die dorings is dikkerige ronde knoppies. |
| Aloe chabaudii is 'n baie gewilde tuinplant. Die blougroen rosette steek mooi af in 'n groen tuin, maar dit gee sefs 'n mooier vertoning in die somer wanneer dit pienk en wynrooi skakeer in die son. |
| Aloe cryptopoda is 'n ideale tuinplant. Dit kan meer natigheid verdra as meeste ander aalwyne en die blare bly netjies groen. Hierdie aalwyn se beste eienskap as tuinplant is 'n besonder lang blomtyd. |
| Aloe hereroens is'n moeilike aalwyn. As dit egalig water kry en aan die groei bly kan dit goed gaan in die tuin. Moet nie dat die plant uitdroog en dan skielik baie nat word oor 'n paar dae nie. Plant dit liewer op 'n hoop klippe sodat die wortels kan uitdroog. Moet nooit enige aalwyn op 'n warm dag natmaak nie. |
| Aloe krapohliana Winter reënval. Hierdie pragtige aalwyntjie is feitlik uitgeroei in die habitat deur mense wat dit verkoop vir tuine - waar dit vrek. A.krapohliana wil nie water in die somer hê nie en dit groei in koelte onder ander struike of plant. Dit kan dus 'n mooi potlant wees op 'n stoep waar dit bietjie son kry en geen reën. |
| Aloe globuligemma Die blomritse is dwars en die ronde knoppies is ingeryg na bo. Di blomme het 'n besonderre kleur. Maklik in die tuin. |
| Aloe lutescens is ook 'n maklike tuinplant. Die blomritse is lank en helder rooi wat oopmaak na geel. A. lutescens maak uitlopers wat baie goed vertoon as almal saam blom.. | |
| Aloe melanacantha is 'n winter reënval aalwyn vanaf Namakwaland. Die blare is skurf, smal en dun met lang pikswart hakvormige dorings. Hierdie aalwyn is bestand teen ryp, maar moet droog gehou word deur die somer. | |
| Aloe petricola. Netjiese blou-groen plant met lang digte blomtrosse. Die blomme skakeer van in verskillende skakerings van oranje en geel. Hierdie aalwyn maak besondere mooi kruisings. | |
| Aloe secundiflora van Zimbabwe is 'n geharde aalwyn wat selfs hier in die Weskaap se winter reën en droë somer aangepas het. Die breë dun blare is blinkgroen met swart dorings. Die blomknoppe wys almal na bo op die horisontale takke van die blomtros en soos hulle oopmaak draai hulle na onder. | |
|
||||||
| Aloe striata | Aloe suprafoliata |
Aloe vanbalenii | ||||
| Aloe striata. 'n Mooi en maklike aalwyn vir die tuin. Goeie dreinasie is nodig, spit in 'n klompie klippe voordat die aalwyn geplant word. |
| Aloe suprafoliata is nie heeltemal so maklik hier in die droë somer nie. Die kleur is besonder. Die blou van die blare en die silwer poeier op die blomknoppe. 'n Pragtige aalwyn. In die agtergrond is jong plante in die "boekvorm" - die blare draai om die stam wanneer die plant ouer is. |
| Aloe vanbalenii. Hierdie heldergroen aalwyn is groter as wat dit lyk, maklik 1+ meter deursnee per plant met swaar blare. Aloe vanbalenii maak nuwe rosette teen die swak stam wat op die grond lê en groei as een digte plant. Baie mooi in blom. In die somer skakeer die kleur die blare van groen na geel tot donkerrooi. Dit is 'n maklike en mooi tuinplant waar daar spasie is. |
|
8.07