Spog Tuine

tuisblad

aalwyne geen stam

aalwyne lang stam

aalwyne gevlek

aalwyne kruisings

saadkatalogus sp.

saadkatalogus kr.

kontak ons

lok tuin voëls

sukkulente toer

gesondheid

algemene vrae

kweek wenke

skakels

  skakels tuin

blogs in Engels

blogs in Afrikaans

sitemap

Hier is skakels na die uitstaande "oop dag" tuine van Die Nederlande en ons Suid-Afrikaanse groot Botaniese parke.  
U is welkom om 'n tuin skakel te plaas op hierdie bladsy.  Ons vra 'n skakel in ruil terug  na ons Afrikaanse aalwyn webwerf.   Die tuin mag enige grootte wees, selfs in potte op 'n stoep. Vrolike private tuine met kruie en ontspanninghoekies ideaal vir gesondheid; 'n tuin met vetplante wat  water spaar  in potte;  ontwerpe om voëls te lok. Tuinmaak verkwik liggaam en gees.
Plaas 'n skakel   -  Kontak ons          Ander skakels   (links)  klik hier
mijn.tuin..jpg (3719 bytes) Thijs vertelt over zijn tuin en planten. Er zijn foto's van de tuin in de verschillende seizoenen. Verder is er informatie over kamerplanten (euphorbia) en dieren in de tuin (vooral insecten). Ook informatie over gebieden in andere landen. mijn.tuin.jpg (3933 bytes)
jan.en.mieke.jpg (4802 bytes) de tuinsite van
Jan en Mieke Bastiaens.
'n Paar Botaniese tuine van Suid-Afrika.  
Karoo Nasionale park
Tankwa Karoo Nasionale Park
Bergkwagga Nasionale Park
Nieuwoudtville Botaniese Tuin
KwaZulu-Natal   Botaniese Tuin
Laeveld Botaniese Tuin
Pretoria Botaniese Tuin
 

Die tuin is geleë aan die buitewyke van Worcester ongeveer 120 km vanaf Kaapstad.  Van die 150 ha grond  is 10 ha bewerk.   'n Hele koppie is beplant met verskillende vygies. Asemrowend wanneer dit blom. Hierdie tuin is uniek in dat dit geheel en al 'n vetplant tuin is.

Meer oor ons besoek aan die Karootuin

 

Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin     Kirstenbosch is wêreldwyd bekend. Kortliks.  Die tuin is 528 ha en  is geleë teen die hang van Tafelberg in Kaapstad,  36 ha grond is bewerk. Kirstenbosch tuin is uitgelê vir inligting so wel as vir ontspanning.  Op ons foto is die baie droë knersvlakte vetplantjies in die groot glashuis waar die ander plante van Suidelike Afrika se droë gebiede gehuisves is.

knersvlakte1.jpg (461399 bytes)

 

 

Universiteit Stellenbosch Tuin - Hortus Botanicus

Die hoofdoel van die Tuin is opvoedkundig van aard en daarom word inheemse sowel as uitheemse plante aangeplant. Omdat die tuin slegs 1,8 hektaar beslaan, word hoofsaaklik op kleiner plante gekonsentreer.    Daarby  versorg die studente ook 'n pragtige versameling Bonsai boompies.

Botaniese.tuin.stellenbosch.jpg (358970 bytes)

 

Die Botaniese tuin van Windhoek Namibia.  Die meeste van die   plante in Namibia is raar en streng beskerm.  Hier is 'n geleentheid om van die plante te sien.  Die bome langs die wandelpaadjies is almal met naam en nommer. Op ons foto is Aloe littoralis reeds in saad en regs 'n jong plant nog in blom. Die gebou regs en middel is deel van die Botaniese Tuin.

aloe.litoralis_flowers_height-1.jpg (89887 bytes)

 

Karoo Nasionale Park by Beaufortwest is nie 'n botaniese tuin nie, maar 'n natuurpark.  Hierdie gebied is ryk aan plantspesies inheems aan die Karoo wat die botanis kan geniet.  Op die foto staan Mnr. Daniel Hollander agter 'n Aloe broomii. Die talle klein blommetjies op die blomstingel van die aalwyn is nog nie oop nie.

Karoo nasionale park.jpg (44116 bytes)

 

sitemap   Vir die Afrikaanse  webwerf

Afrikaanse blog

 

 

menu

   5_.gif (881 bytes) aalwyne geen stam 5_.gif (881 bytes) - lang stam 5_.gif (881 bytes) - gevlek 5_.gif (881 bytes) - kruisings 5_.gif (881 bytes)  saadkatalogus

 5_.gif (881 bytes) kliptuin  5_.gif (881 bytes) potplant tuin 5_.gif (881 bytes) tuin voëls 5_.gif (881 bytes) toer 5_.gif (881 bytes) gesondheid

 5_.gif (881 bytes) vrae 5_.gif (881 bytes) wenke 5_.gif (881 bytes) skakels tuin 5_.gif (881 bytes) skakels 5_.gif (881 bytes) sitemap