| 'n Toer met of deur 'n agentskap is die maklikste, vinnigste en
veiligste, maar 'n toer wat beplan is vir jouself en op jou eie, het spesiale
bekoring en avontuur wat ook aanloklik is. |
|
| Hier is 'n bietjie hulp en wenke vir diegene wat die toer op
hulle eie wil doen. |
| Kry padkaarte van die Inligting-kantore in die groter dorpe en
beplan die rit vooruit Vernaam in vol seisoen soos blomtyd in Namakwaland |
| Kontak die munisipaliteite van die dorpe op die roete en vind uit of
hulle informasie-kantore het met kaarte en enige inligting wat van belang kan wees soos
oornag of B&B geriewe. In die kleiner gemeenskappe weet die personeel
van die winkels gewoonlik ook waar die plekke is. Dit is die moeite werd om
bietjie rond te gesels. Die plek met die beste advertensie is nie altyd die beste
nie. |
| Dit mag aanloklik wees om êrens op 'n afgeleë plasie te slaap, maak net
eers seker dat die dorpsmense die inwoners van die plaas rofweg ken en dat hulle darem al
'n paar jaar daar woon. |