|
|
| Voëls dophou in die tuin is 'n stokperdjie wat die hele gesin
saam kan geniet. Maak 'n tuin waar voëls sal tuis voel deur voerbakke en waterdrinkbakke
op stategiese plekke te plaas. Bome soos die vyeboom, bessies en blomme vir nektar
is nodig om suikkerbekkies en die vrugte etende voëltjies te onthaal. |
| Die behoeftes van die saadeters is redelik maklik deur voëltjiekos te
koop en in 'n groot bak of skinkbord te gooi. Plaas die bak só dat die voëls 'n
goeie uitsig het om katte te sien. Dit is - op 'n oop plek sonder plante waaragter
katte kan skuil. Die bak moet groot genoeg wees sodat 'n paar voëls
gelyktydig kan eet. 'n Aantal oopgesyde 2 liter plastiekbottels kan aan
bome opgehang word. Twee venstertjies word in die bottel gesny teenoor mekaar met
'n stokkie deur die opening wat aan weerskante 'n ent verder uitsteek. |
| In die winter kan die voëlsaad gemeng word met bietjie hardevet (smelt
die vet, laat afkoel en meng in die saad. Vorm in blokke en laat die vet stol) |
| 'n Drinkbak en 'n bak om in te bad verander die tuin in 'n paradys
vir die voëltjies. |
| |
|