|
|
| Hier is 'n paar vrae en antwoorde in verband met aalwyne en die saad van
die aalwyne en vetplante wat oor die algemeen gevra word. |
| posgeld; betaling; ander saad;
klimaat; saad-blomtyd; soort grond |
U is welkom om e-pos te
stuur met nog vrae. |
| V: Wat is die posgeld? |
| A: Binnelands stuur ons geregistreerde pos. Ongeveer R20 vir
posgeld en verpakking, maar die prys sal afhang van die grootte van die bestelling. |
| Buitelands is die posgeld ongeveer $8 (US) vir geregistreerde lugpos. |
| V: Hoe betaal ek vir die bestelling? |
| A: In die RSA is 'n direkte inbetaling in die bank die
maklikste en vinnigste metode. Vir die buiteland is dit Paypal. |
|
| V: Het julle saad van ander dele van Afrika,
Madagaskar of Asië ? |
| A: Ons saad is op die
saadkatalogus. Ons gaan nie in op uitsluitlik Suid Afrikaanse saad nie.
Vra gerus as daar iets spesiaal is wat nie op die saadlys is nie, somtyds is
daar net 'n klein hoeveelheid saad wat ons nie op die lys plaas nie. |
| V: Wat is die beste klimaat vir aalwyne |
| A: Daar is aalwyne species in 'n wye verskeidenheid
klimaatstreke, van hoë berge met winter sneeu tot die woestyn. Kruisings bevat die
voorkeure van albei die ouerplante sodat hulle 'n wyer toleransie het vir die klimate
waarin hulle kan groei. Aalwyne is ook goeie potplante - sodat die aalwynplant
dan kan groei waar die klimaat kunsmatig aangepas kan word om by die aalwyn se behoeftes
te pas. |
|
|