English

click here

Kweek aalwyne van saad en 'n paar wenke        

'n aalwyntuin spaar water en arbeid.

 

tuisblad

aalwyne geen stam

lang stam

aalwyne gevlek

aalwyn kruisings

saadkatalogus sp.

saadkatalogus kr.

kontak ons

lok tuin voëls

kliptuin

sukkulente toer

gesondheid

algemene vrae

kweek wenke

skakels

skakels tuine

blogs in Engels

blogs in Afrikaans

sitemap

         [kweek die saad]

[insekte plantluise]  

grond dreinasie dolomiet]

[ontkieming

Hier is 'n paar kort wenke in verband met aalwyne en die kweek van aalwyne uit saad, wat oor die algemeen gevra word.  U is welkom om e-pos te stuur met nog vrae.      Kyk ook na hierdie vrae en antwoorde

Hoe om te plant.

Aalwynplante wat normaalweg groei met die kroon(rosette) sywarts moet weer so geplant word anders gaan die kroon vrot sodra daar water inkom.
 
Oor die algemeen groei aalwyne op berghange of tussen rotse.  Begrawe rotse waar hierdie plante geplant word, of plant hierdie aalwyne op rotse (waar die klimaat baie reën kry )  dit bevorder die afvloei van water. Die wortels sal vrot as dit nie in goeie dreinasie staan nie, mar as die stam droog bly en nie vrot nie sal nuwe wortels vorm
 
Die meeste aalwyne groei redelik maklik van saad.  Neem in ag dat die saad nie dieselfde tyd ontkiem nie.  Dit is die natuur se manier om oorlewing te verseker.  As die omstandighede skielik verswak,  is daar altyd saad wat later sal ontkiem.  Verwyder die saailinge soos hulle groter word en moenie die saadbakke  weggooi nie, kanse is daar is nog saad wat later ontkiem.
 
Saad en saailinge word effe klam gehou, nie nat nie en deffinitief ook nie droog nie.  Hou die saailing uit direkte son.  Hulle sou onder 'n rots, klip of  ander plante gewees het in die natuur.
insekte (plantluise) en mier peste
Hou die plante dop vir miere.  Die miere dra die plantluise in die rosette in waar die kroon beskadig word en vrot.  Bestuif die plant se kroon met poeiergif.  Hou die gif weg van die blomme ter wille van die bye. 
Wees vesigtig vir die vloeibare miergif, aalwyne het min weerstand teen baie van die tuingif wat op die mark beskikbaar is.

Grond

Strooi  'n dun laag ou kraalmis om die aalwyne voor die reëns begin dit verskaf voeding en ook humus.

Die organiese vloeibare plantvoedsel is min moeite vir goeie resultate.
Goeie dreinasie is die belangrikste punt, maklik gedoen met 'n paar groot klippe in die grond.
Dolomietgruis is ook 'n groot aanwins waar dit enigsins verkrygbaar is.   Die kalsium en magnesium los stadig in die grond op en dit keer dat die grond nie suur raak nie, sonder om te veel kalk af te gee.  Baie belangrik vir feitlik al die aalwyne.
Strooi 'n klein hoeveelheid Engelsesout(magnesiumsulfaat) waar dolomietgruis nie verkrygaar is nie  - ongeveer een telepel per groot plant - om die plante 2 tot 3 keer in die somer.  Engelsesout is ook baie goed vir rose en dit maak suur vrugte(vernaam sitrusvrugte) heerlik soet.
Ontkieming
Neem in ag dat die saad nie dieselfde tyd ontkiem nie.  Dit is die natuur se manier om oorlewing te verseker.  As die omstandighede skielik verswak is daar altyd saad wat later sal ontkiem. 
Verwyder die saailinge soos hulle groter word en moenie die saadbakke   weggooi nie, kanse is daar is nog saad wat later ontkiem.
 
Aalwyne is sukkulente of vetplante.   Hierdie plante stoor water vir gebruik in droogte, in spesiale selle  in die blare stam of wortels van die plant.

 

 

 

menu

   5_.gif (881 bytes) aalwyne geen stam 5_.gif (881 bytes) - lang stam 5_.gif (881 bytes) - gevlek 5_.gif (881 bytes) - kruisings 5_.gif (881 bytes)  saadkatalogus

 5_.gif (881 bytes) kliptuin  5_.gif (881 bytes) potplant tuin 5_.gif (881 bytes) tuin voëls 5_.gif (881 bytes) toer 5_.gif (881 bytes) gesondheid

 5_.gif (881 bytes) vrae 5_.gif (881 bytes) wenke 5_.gif (881 bytes) skakels 5_.gif (881 bytes) skakels tuin  5_.gif (881 bytes) sitemap

 

 

 

Free Hit Counter
Lemon Law