Fotos van |
| Aalwynplante met 'n kort stam is ideaal vir rande om blombeddings of paadjies. Die aalwyn soorte wat uitlopers maak vorm 'n digte rand met min moeite. |
| Aalwyne is sukkulente wat water stoor en sodoende kan hierdie plante vir lang periodes sonder enige aandag klaarkom. Spaar water met 'n vetplant tuin. |
| Aalwyne is ook waardevol as 'n medisinale plant. Hier is 'n resep om jou eie aalwyn jel en velroom te maak. |
|
aalwyne :- |
boom en stam |
| wenk | |
| In gebiede met baie reën kan 'n paar plat klippe onder die rosette geplaas word sodat die plante nie op nat grond lê nie, . | |
| kliek op die fotos om te vergroot | |
| Aloe aculeata | Die blare is bedek met dorinkies wat met 'n ligte kol omring is. Blomritse is lank en skakeer van donker oranje bo tot geel onder en die blomtros is gewoonlik enkel. |
| Aloe asperifolia | Woestynaalwyn. Die blare is skurf en na bo toegevou soos 'n los bol. Hou hierdie plant absoluut droog en sonnig, met 'n fyn mis sproei elke paar dae in die oggend of laataand deur die somer. Nooit op 'n warm plant nie. Hulle groei in die misgebied langs Namibia se weskus. |
| Aloe brevifolia | 'n Baie ou bekende potplantjie. Die meeste mense besef nie dat dit 'n aalwyn is nie. Baie maklik in die tuin ook. Die blomsteel is groot in verhouding tot die klein rosette. |
Aloe broomii |
Tuis in die Karoo se somer reën gebied. Min water plant op klippe om droog te hou. |
| Aloe comptonii | Hierdie aalwyn is sonder enige spesiale behoeftes. Nogtans is dit om die een of ander rede baie moeilik bekombaar vir die tuin. Die dorings is dikkerige ronde knoppies. |
| Aloe chabaudii | 'n Baie gewilde tuinplant. Die blougroen rosette gee 'n mooi vertoning in blom of nie. |
| Aloe cryptopoda | Nog 'n netjiese, hoewel ietwat groot plant. Hierdie aalwyn het 'n lang blomtyd. |
| Aloe hereroensis | 'n Moeilike aalwyn. As dit egalig water kry en aan die groei bly kan dit goed gaan in die tuin. Anders plant dit liewer op 'n hoop klippe. Moet nooit enige aalwyn op 'n warm dag natmaak nie. |
| Aloe krapohliana | Winter reënval. Hierdie pragtige aalwyntjie is feitlik uitgeroei in die habitat deur mense wat dit verkoop vir tuine - waar dit vrek. A.krapohliana wil nie water in die somer hê nie en dit groei in koelte onder ander struike of plant. Dit kan dus 'n mooi potlant wees op 'n stoep waar dit bietjie son kry en geen reën. |
| Aloe globuligemma | Die blomritse is dwars en die ronde knoppies is ingeryg na bo. Di blomme het 'n besonderre kleur. Maklik in die tuin. |
| Aloe lutescens | Ook 'n maklike tuinplant. Die blomritse is lank en meestal rooi wat oopmaak na geel. A. lutescens maak uitlopers. |
| Aloe melanacantha | Winter reënval aalwyn vanaf Namakwaland. Die blare is skurf, smal en dun met lang pikswart hakvormige dorings. Hierdie aalwyn is bestand teen ryp, maar moet droog gehou word deur die somer. |
| Aloe petricola | Netjiese blou-groen plant met lang blomtrosse in 'n verskeidenheid skakerings. Hierdie aalwyn maak besondere mooi kruisings. |
| Aloe striata | 'n Mooi en maklike aalwyn vir die tuin. Goeie dreinasie is nodig, spit in 'n klompie klippe voordat die aalwyn geplant word. |
| Aloe vanbalenii | Hierdie heldergroen aalwyn is groter as wat dit lyk, tot 2 meter deursnee per plant met swaar blare. Aloe vanbalenii maak nuwe rosette teen die stam en groei as een digte plant. Baie mooi in blom. In die somer skakeer die kleur die blare van groen na geel tot donkerrooi. Dit is 'n maklike en mooi tuinplant waar daar spasie is. |
|
8.07